Sunday 5 August 2012

5 August 2012
Not much of a blogger, am I?  This year has really gone for a six! With the flower season at hand and thereafter merely two months before end 2012, things are looking up.
Thanks to all who has been supporting me at JubelnJuig. I get the message that guests enjoy their stay here. They enjoy the tranquility; the break away as well as the homely atmosphere. I, on the other hand, enjoy all the new friends I meet!

From January 2013 I have to look at my tariffs again. I have to increase a bit, as water, electricity and cleaning materials are constantly rising. I intend to only increase once a year and that will be in January.
Thanks for taking time out to read this and have a warm evening!!!
Mariette

Thursday 16 February 2012

16 Februarie 2012

Vandag was weer een van daardie dae wat vir my bevestig het dat ek die regte keuse gemaak het - die Weskus is die plek waar ek my 'later jare' wil deurbring!  As jy van die Kaap se kant kom het jy besluit dis amper nou genoeg se ry voordat ek vir 'n koffietjie wil aftrek, dan is dit nog net 15km en jy is by 'Jubel n Juig' my selfsorgeenheid hier by Dwarskersbos, 15km uit Velddrif uit, rigting Lambertsbaai!  Jy is nou hier..... sit weg jou horlosie.......

Sien my webblad www.jubelnjuig.co.za  vir verdere detail en baie informasie oor wat hierdie kleine plekkie - so absoluut ongeskonde nog - vir jou inhou.

Die dag breek met helder blou lug oop en soos die voĆ«ltjies hier in die kersbosse en die meeue oor die see die dag aankondig, vervaag die sterretjies in die lig.  Warm kan dit raak in die somer, en 'n siesta in die dag na ete is aan die orde van die dag.... die Suidooster woel ook maar by tye sterk en jy verlang sterk na die winterreĆ«n.  Laatmiddag raak dit stiller, koeler en die hemel kry 'n dieper skakering in kleur.

As die Noordwester opsteek en klammigheid kom voel-voel hier aan jou wange, dan kry jy die reuk van die diepsee en sy geheime. Die soutigheid kom vat so aan jou mondhoeke en jy adem die varsheid met lang teue in. Hier op Kersbosstrand, die 'nuwer' deel van Dwarskersbos waar meeste van die 'oor die brug' intrekkers kom, is dit stil...baie stil.  Hier is natuur, rustigheid, balsem vir die siel. Hier kan jy kom neerpen alles wat skielik in jou gemoed wil oorloop en uitborrel. Tyd is eindeloos.... tyd om jou laaste hoofstukke af te rond of om nuwe inspirasie te ontvang.

Van JubelnJuig kry jy 'n glimps van die see wanneer jy noordwes kyk; jy op die stoep sit met 'n braaitjie aan die eenkant en die Piketberge aan die ooste - ook maar soms ingekruip agter die melkerige lug.  JubelnJuig kyk Noord - daarom die koelerige huis in die somer en die warmer sonnetjie in die winter.  So met 'n glasie in die een hand en 'n tjoppie in die ander, is jy bewus van die geruis en soms die gesug van die see wat moeiteloos uitstoot oor die skulpbesaaide plat sand. Die see is altyd in jou ore....... dit bring rustigheid in jou gemoed.

Dis dan dat jy uitstap die oranje-bal van son wat aftrek water toe, tegemoet. En na 'n warm dag is die water dikwels warmer as wat jy sou dink - hier in die baai van Kersbosstrand wat geflank word deur St Helenabaai en Elandsbaai.
Dan weet jy die nag is nog lank, en die atmosfeer die inspirasie vir die skryf en die balsem vir die siel.

Monday 30 January 2012


Some of the guest comments at Jubel n Juig. 

“Thank you for opening your heart and home – for sharing joy and allowing us to make memories.
Our prayer is that our heavenly Father continues to overwhelm you with His love and grace and bless you beyond your imagination.”  Elle